top of page

Iustus, geleë in Malmesbury, bestaan vanaf November 2007 en verwys na die Latynse term vir regverdigheid en billikheid. Ons bied ‘n helpende hand aan die werkgewer en gee raad rakende arbeidswetgewing en arbeidsaangeleenthede. In die nastreef  van hierdie doelwit wil Iustus gesien word as ‘n progressiewe, toekoms gerigte organisasie wat waardes soos menswaardigheid respek en deursigtigheid toepas. Die rol van Iustus is om belange van sy lede op die komplekse arbeidsterrein te verteenwoordig en te bevorder. In landbou is hierdie terrein waarskynlik meer kompleks as in meeste ander sektore en produsente ondervind toenemend:
•        Dat hulle toegegooi word met nuwe arbeidswette, regulasies, etiese en ander oudits waaraan hulle moet voldoen.
•        Dat dit moeiliker word om by te bly met hierdie stroom vereistes, laat staan nog voldoen daaraan ook;
•        Dat dit hulle aandag toenemend aflei van hulle hooftaak om hulle besighedesuksesvol te bedryf.
 
Deon van de Vyver, die eienaar van Iustus, het in 1998 die onderwys verlaat en as ‘n arbeids konsultant by ‘n werkgewersorganisasie in Kaapstad begin werk. In 2007 het hy en sy vrou Aletta, besluit om hul kantoor op Malmesbury te vestig. Oor die afgelope 10 jaar het hulle talle hoogtepunte beleef. Die onderneming toon ook
konstante groei ten spyte van die ekonomiese toestande. Iustus se dienste sluit onder andere die opstel of hersiening van dienskontrakte in, verteenwoordig die werkgewer in enige arbeidsprobleme en hanteer ook dissiplinêre
verhore. Hier kan jy ook opleiding ontvang met betrekking tot wetgewing en prosedures. Iustus onderhandel ook met vakbonde en unies, asook die Departement van Arbeid. Ons hanteer ook personeelvermindering, help met die opstel van ‘n gedragskode vir die werkplek, werkgewer / werknemer dispute, raad en bystand in geval van stakings, fasilitering van vergaderings tussen werkgewer en werknemers, bystand met arbeidsaangeleenthede by verandering van eienaar, verteenwoordiging by die KBVA, onderhandelinge rakende loonverhogings, 24/7 arbeidsreg hulplyn /
advies lyn, implementering van die regulasies van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes in die werkplek en hou lede op hoogte van wysigings in die arbeidsmark wat direk op werkgewers van toepassing is. Indien jy as ‘n lid by Iustus aansluit, strek dit oor ‘n periode van 12 maande vanaf die datum van aansluiting, en ledegeld word bepaal volgens die aantal werknemers in diens.
 
PROAKTIEWE OPLEIDING
Elke lid ontvang proaktiewe opleiding in vorm van ‘n inligtingsimplimenteringsessie sodat u (en u werknemers) weet wat van u verwag word – met aansluiting word alle toepaslike arbeidsreg dokumentasie verskaf, verduidelik, bespreek en geïmplementeer.
 
DOKUMENTASIE
Lede ontvang gratis dienskontrakte en alle ander dokumentasie soos bv. waarskuwings, kennisgewings, beleide en prosedures, wetgewing, plakkate ens. by aansluiting.
 
REGSBYSTAND
Ons assisteer werkgewers om reëls in die werksplek te implementeer en dissipline toe te pas, asook verteenwoordiging in die KBVA en Bedingingsrade. Ons het ‘n 24/7 arbeidsreg – advies lyn waar u enige tyd met ‘n arbeids adviseur kan praat. Iustus is ‘n organisasie wat hier is om te bly en diep spore te trap. Oor die volgende
dekade wil ons steeds namens lede inspraak maak op daardie plekke waar besluite geneem word wat hulle raak.
 
Kontak ons gerus by 022 482 3810 / finance@iustuslabourlaw.com

bottom of page