ARBEIDSREGSPESIALISTE BK 2007/212729/23
Langstraat 20
Malmesbury
7300
022-482 3810
contact@iustuslabourlaw.com
PLAKKATE:
Wanneer ‘n kliënt by ons aansluit as lid, verskaf ons drie gratis plakkate. Dit sluit die
volgende in:
- Die Basiese Wet op Diensvoorwaardes
- Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid
- Die Wet op Gelyke Indiensneming
Indien ‘n kliënt enige plakkate verloor of misplaas, of nuwe plakkate wil bestel, kan u
vir Theresa Joubert kontak vir ‘n kwotasie. Sodra u laat weet dat u die kwotasie
aanvaar en die faktuur betaal het (en die bewys van betaling vir haar gestuur het),
sal daar reëlings getref word dat u die plakkate ontvang.
KONTRAKTE:
Dit is baie belangrik vir elke werkgewer om die toepaslike kontrakte in plek te hê vir
elke werknemer. Dit is ook deel van die dokumentasie wat die Departement Van
Arbeid vereis wanneer hulle inspeksies doen. Iustus hanteer die opstel van die
kontrakte en verander dit sodat dit gepas is vir u besigheid. Een van die konsultante
bespreek dit ook met die werknemers ten einde te verseker dat beide partye bewus
is van wat hulle teken en dit ook verstaan. Kontak gerus ons kantoor om met ‘n
konsultant te praat indien daar enige onsekerheid is in dié verband.
ALGEMEEN:
- Indien daar enige veranderinge t.o.v. kontak besonderhede of hoeveelheid
van werknemers plaasvind, verwittig ons asseblief onmiddellik in skrif
daarvan.
- Skakel asseblief na ons kantoor nommer om afsprake te maak met ons
konsultante. Hulle is baie keer op die pad of besig by ‘n kliënt, en kan nie
oproepe beantwoord op hulle selfone terwyl hulle bestuur of besig is met
kliënte nie.
- Wanneer betalings gemaak word aan Iustus of Salutem, is dit baie belangrik
dat bewyse van betaling ge-epos word aan finance@iustuslabourlaw.com of
gefaks word aan (022) 482-3820. U samewerking sal hoog op prys gestel
word. Gebruik asseblief u besigheid naam of lidmaatskapnommer as
verwysing.
- Ten opsigte van betalings van ledegelde, wil ons ‘n vriendelike versoek rig
dat indien laat betalings gemaak gaan word, u asseblief met ons
kommunikeer sodat ons op hoogte van sake gehou kan word. Dit sal
verhoed dat daar sodoende heeltyd opvolg eposse gestuur word
weens onbetaalde ledegelde. Neem ook asseblief kennis dat alle fooie
vooruitbetaalbaar is.
- Lidmaatskap word outomaties hernu na ‘n jaar. Soos voorheen
gekommunikeer, word daar ‘n 5% jaarlikse verhoging toegepas op
lidmaatskap fooie.
- Kansellasie van lidmaatskap moet asseblief skriftelik aan ons gerig word.